Speel Speel Slim - Skoolgereedheidsopleiding

STIMULASIE SONDER ASSESSERINGLAAT JOU RONDTAS IN DIE DONKER

Leergereedheid begin by geboorte en gaan hand in hand met die normale ontwikkelingsfases van die baba en kleuter. Die kind wat genoeg stimulasie en geleentheid vir gesonde ontwikkeling gehad het, behoort teen die ouderdom van ses jaar skoolgereed te wees.

 Skoolgereedheid is ‘n komplekse konsep wat beteken dat ‘n kind aan die minimum vereistes voldoen en minimum vaardighede ontwikkel het om op skool te vorder en suksesvol te wees.

In plaas daarvan om ‘n kind skool toe te stuur en te hoop vir die beste bied SPEEL-SPEEL SLIM ASSESSERING jou die geleentheid  om seker te maak ‘n kind gaan skool toe met: vaardighede en selfvertroue.

GEE KINDERS VLERKE OM MEE TE VLIEG

Die SPEEL-SPEEL SLIM ASSESSERING is op wetenskaplike navorsing en tendense binne die nuwe onderwysbedeling gebaseer.  Dit is ‘n omvattende instrument met twee komponente - individuele assessering en groepsassessering.  Weens die aard en omvang van die assesserings, sal jy in staat wees om verantwoordelike aanbevelings te maak binne die ondersteunende ouer-onderwyserverhouding.

 Die werkswinkel sal jou in staat stel om ontwikkeling en agterstande in die volgende areas te identifiseer:

 

  •         Groot - en klein motoriek
  •         Emosioneel
  •         Sosiaal
  •         Visuele - en ouditiewe persepsie
  •         Getalbegrip
  •         Redenasie op konkrete -, semi-konkrete - en abstrakte vlak
  •         Lateraliteit
  •         Middellynkruising
  •         Ruimtelike oriëntasie
  •         Spraak en taal
  •         Geheue

 

Gedurende hierdie werkswinkel sal jou waarnemingsvaardighede verskerp word, om ‘n ingeligte opinie te vorm van ‘n kind se vlak van skoolgereedheid. 

 Weens die gewigtigheid van die bevindings en aanbevelings van hierdie assessering, is beide die bepaling of ‘n kind aan al die vereistes voldoen en die manier waarop SPEEL-SPEEL SLIM ASSESSERING toegepas word, belangrik.  Daarom word hierdie werkswinkel prakties en deur ervaringsleer aangebied om verantwoordelike, empatiese en kundige terugvoer te verseker.

Home | Clever Play | Speel Speel Slim | Consultants | Training | Resources | Contact Us
Copyright © 2008 - theconnexion.co.za
All rights reserved